|
GESKIEDENIS VAN HUIS MCFARLANE Huis McFarlane is op 1 Januarie 1972 in gebruik geneem. Die eerste inwoners het in ‘n seremoniële optog vanaf die ou koshuis (die huidige Kalahari Visser) langs die Toringkerk na die nuwe koshuis verhuis. Die koshuis is na ‘n voormalige skoolhoof, dr LS McFarlane vernoem. Mnr Gideon Joubert was die eerste superintendent van Huis McFarlane tot 1978. Mnr Frikkie van Zyl het in 1979 by hom oorgeneem tot einde 1981 en hy is opgevolg deur mnr Hennie van Tonder (1982 tot 1985) en mnr Piet Vosloo (1986). Vanaf 1987 tot 1994 het mnr Frikkie van Zyl ‘n tweede skof as superintendent gehad en so ook mnr Hennie van Tonder (1995 tot 1997). Die huidige superintendent, mnr André Oberholzer, beklee hierdie pos sedert 1998. Huis McFarlane se dertigste verjaardag is in 2002 luisterryk met ‘n dinee vir alle koshuisleerders en koshuispersoneel gevier. Die eregaste by hierdie geleentheid was mnr Rust de Jongh en mev Mintie Kroukamp – Huis McFarlane se eerste hoofseun en - dogter. Huis McFarlane se gebruike en tradisies steun swaar op die skool se geskiedenis. Die koshuiswapen en hoofseun en -dogter se lapelwapen is dan ook die familiewapen van die McFarlane-klan. Huis McFarlane het sy eie vlag – ontwerp en gemaak deur Lucia Cabbalero. |
|
|