2010-11-08
Geagte Ouers
By voorbaat baie welkom aan alle nuwelinge – ouers sowel as leerders – by Huis Kalahari Visser. Ek wil die vertroue uitspreek dat ons vanuit die staanspoor ‘n sterk vennootskap sal vorm wat tot voordeel van u kind, die skool en die koshuis sal wees. Mag u kind - soos vele ander voor hom / haar – groot hoogtes in Gimnasium bereik.
Baie geluk met die aanvaarding van u kind in Huis Kalahari Visser. Ons skool is in die bevoorregte posisie dat ons meer aansoeke moet afkeur as wat ons kan aanvaar. U kind is dus deel van hierdie uitsoekgroep en aldus rus daar ook ‘n groot verantwoordelikheid op sy / haar skouers omdat ons groot verwagtinge van die suksesvolle aansoekers koester. Ek glo dat elkeen van hulle spoedig sal inskakel by die gebruike en tradisies van ons koshuis en dat hulle gou sal besef dat die koshuis die hartklop van Gimnasium is.
Vind hierby ingesluit :
Alle graad 8’s van Huis Kalahari Visser van 2011, kan op Sondag 16 Januarie 2011 tussen 9h00 en 14h00 in Huis Kalahari Visser se voorportaal aanmeld vir die afhandeling van administratiewe reëlings. Tydens die geleentheid sal koshuisgangers reeds in kamers ingedeel word en kan hulle hul items (bv. Skooltas,skoolklere, ens) wat hulle nie tydens die Graad 8-kamp gaan gebruik nie in hul kaste toesluit.
U is verantwoordelik om daarna u kind om 15h00 by die Carel Redelinghuys Sentrum (skool) te besorg vir die graad 8-kamp.
By bogenoemde geleentheid sal mnr Eksteen (HKV-Superintendent) en Mnr Genis (skoolhoof) graag met alle voornemende Huis Kalahari Visser ouers wil gesels.
Groete
A D OBERHOLZER
KOSHUISHOOF