GEDRAGSKODE VIR LEERDERS – HOËRSKOOL PAARL GIMNASIUM
DEEL 1
ALGEMEEN
Die Beheerliggaam het die ouers, leerders en opvoeders van die skool oor die inhoud van hierdie Gedragskode geraadpleeg. Die Gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996), die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) (“die Skolewet”), die Wet op Nasionele Onderwysbeleid (Wet 72 of 1996), Riglyne vir Gedragskode vir Leerders, asook toepaslike regulasies en provinsiale wetgewing.
2.1 Die doel van hierdie Gedragskode is om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skool omgewing te vestig wat toegewy is aan die bevordering en handhawing van die gehalte van die leerproses.
2.2 Leerders en hul ouers/voogde moet hulself met die skool se Gedragskode en die bepalings daarvan vergewis. Sodra leerders by die skool/koshuis ingeskryf is, is hulle onderworpe aan die Gedragskode en moet hulle dit stiptelik nakom. Indien leerders die Gedragskode oortree of minag, sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders teen hulle opgetree word.
In hierdie Gedragskode, tensy dit uit die samehang anders blyk, bevat die volgende woorde die betekenisse daarteenoor aangetoon:
"adjunk-hoof dissipline die adjunk-hoof aangestel deur die bestuursliggaam vir hierdie doel en wat saam met die dissiplinêre hoofde die SDK vorm.
“beheerliggaam” beheerliggaam van die skool, behoorlik ingestel kragtens die Skolewet.
“bestuursliggaam” die skoolhoof en adjunk-skoolhoofde wat verantwoordelik is vir die doeltreffende bestuur van die skool.
“dissiplinêre hoof” Hoofde aangestel deur die bestuursliggaam vir die hantering van dissiplinêre aangeleenthede soos uiteengesit in hierdie Gedragskode. Die dissiplinêre hoof vir Algemene Onderwys en Opleiding hanteer Grade 8 en 9 dissiplinêre optredes en die dissiplinêre hoof Verdere Onderwys en Opleiding hanteer Grade 10, 11 en 12 dissiplinêre optredes.
“dissiplinêre komitee” die komitee of die lede van die beheerliggaam van die skool, aangestel en gemagtig kragtens ‘n besluit van die beheerliggaam om die beheerliggaam te verteenwoordig in die uitoefening van sy funksies in terme van hierdie Gedragskode.
“koshuis dissiplinêre komitee die dissiplinêre komitee van die skoolkoshuis.
(“KDK”) aangestel en gemagtig kragtens ‘n besluit van die beheerliggaam.
“leerder” enige leerder behoorlik toegelaat en ingeskryf by Hoërskool Paarl Gimnasium.
“opvoeder/s en/of personeel” enige opvoeder/s, insluitende die skoolhoof en adjunk- skoolhoofde, wat van tyd tot tyd onderwysdienste by die skool lewer.
“skool dissiplinêre komitee die dissiplinêre komitee van die skool.
(“SDK”) insluitend die adjunk-hoof dissipline en dissiplinêre hoofde, bestaande uit opvoeders en aangestel vir hierdie doel deur die bestuursliggaam.
“skoolhoof ” die dienende skoolhoof of waarnemende skoolhoof Hoërskool Paarl Gimnasium van tyd tot tyd.
DEEL II
SKEDULE A
GEDRAGSREËLS
INLEIDING
2.1 Die SR en skoolleiers is saam met die personeel van die skool verantwoordelik vir algemene skooldissipline.
2.2 SR-lede en ander skoolleiers moet leerders wat oortree na die personeel van die skool bring, waarna lynfunksies gevolg sal word.
2.3 Alle leerders moet enige redelike voorskrif van ‘n lid van die SR of ‘n ander skoolleier gehoorsaam, en moet die SR en ander skoolleiers ondersteun en samewerking verleen in die behoorlike uitvoering van hul pligte.
Leerders is verplig om alle kennisgewings wat die beheerliggaam, skoolhoof of ‘n opvoeder van die skool vir dié doel aan hulle uitreik, aan hul ouers te oorhandig, en om enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, stiptelik aan die klasopvoeder te voorsien.
9.1 Daar sal te alle tye ‘n ordelike atmosfeer in die klaskameer heers. Leerders mag nie onderrig versteur of verhinder nie.
9.2 Leerders moet klasopdragte stiptelik nakom.
9.3 Alle leerders sal ‘n huiswerkboek ingevolge die skoolhoof of klasopvoeder se voorskrifte hou en bywerk.
9.4 Leerders moet die voorgeskrewe huiswerk doen en dit stiptelik teen die bepaalde spertyd by die betrokke opvoeder indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen kan slegs verskoon word indien die leerder op die dag waarop die huiswerk voltooi moes gewees het, ‘n skriftelike nota van sy/haar ouers met ‘n aanvaarbare verduideliking vir die versuim aan die opvoeder oorhandig.
9.5 Alle leerders moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding doen om sodoende ‘n deurlopende werksetiek te ontwikkel. Versuim om aan hierdie reël te voldoen, sonder ‘n aanvaarbare verskoning, sal as ‘n oortreding van hierdie reël beskou word.
9.6 Leerders is verplig om enige werk wat hulle misgeloop het, so spoedig moontlik in te haal.
10.1 Alle leerders is verplig om hulle aan die toetse en eksamens wat deur die opvoeders aan hulle opgedra word, te onderwerp. Versuim om aan hierdie reël te voldoen sal slegs in uitsonderlike gevalle verskoon word, mits die ouers/voogde van die betrokke leerder op die vroegs moontlike geleentheid ‘n volledige en aanvaarbare skriftelike verduideliking aan die skoolhoof oorhandig.
10.2 Leerders moet hulle met die afneem van toetse of eksamens van enige vorm van oneerlikheid weerhou.
Leerders moet handel met die skoolrapporte wat aan hulle voorsien word volgens die voorskrifte wat die skoolhoof of klasopvoeder aan hulle mag voorsien.
12. STIPTELIKHEID
Leerders moet altyd op die bestemde tyd opdaag aan die begin van die skooldag en by die aanvang van enige ander skoolaktiwiteit. Wanneer leerders laat is moet hulle ‘n skriftelike verskoning van hulle ouers verskaf. Leerders wat laat opdaag moet eers by die skoolhoof of gedelegeerde opvoeder aanmeld.
13. AFWESIGHEID VAN SKOOL
13.1 Leerders mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool, en dan slegs met die skriftelike toestemming van die skoolhoof of sy verteenwoordiger indien hy nie beskikbaar is nie.
13.2 Leerders wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is moet by hulle terugkeer ‘n skriftelike verduideliking van hulle ouers voorlê. Afwesigheid vir meer as 3 (drie) agtereenvolgende dae sal slegs verskoon word indien ‘n sertifikaat deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, behalwe in die geval van dood of trauma in die leerder se huisgesin of ‘n ander rede deur die skoolhoof goedgekeur.
14. OMGEWING
14.1 Leerders mag nie die skoolgronde of –geboue bemors nie.
14.2 Leerders wat toeskouers of ondersteuners by enige skoolaktiwiteit is moet die terrein deur hulle beset netjies en skoon agterlaat, en moet seker maak dat alle rommel opgeruim en in vullishouers geplaas word.
14.3 Leerders moet toilette skoon agterlaat.
14.4 Enige optrede of versuim van leerders wat ‘n gesondheidsrisiko vir ander leerders veroorsaak of moontlik kan veroorsaak, moet vermy word.
14.5 Dit is verbode om slagspreuke (“graffiti”), plakkers, en/of plakkate op enige oppervlakte by die skool aan te bring.
14.6 Leerders moet gehoor gee aan die redelike opdragte van die skoolhoof, enige opvoeder of lid van die SR met betrekking tot die handhawing van ‘n skoon en higiëniese skoolomgewing.
15.1 Die gebruik van selfone tydens klasperiodes/saalbyeenkomste is verbode.
15.2 Selfone moet in die klaskamers en tydens wisseling afgeskakel wees.
15.3 Selfone mag nie in die plek van sakrekenaars gebruik word nie.
15.4 Alle elektroniese toestelle byvoorbeeld: iPods, PDA’s ens. is verbode.
15.5 Selfone en elektroniese toestelle wat in die klaskamer sigbaar is, sal afgeneem word en aan die verantwoordelike dissiplinêre hoof oorhandig word.
15.6 Ouers sal deur die dissiplinêre hoof gekontak word om reëlings te tref vir teruggawe van selfone/elektroniese toerusting.
DEEL II
SKEDULE B
KATEGORIEË VAN WANGEDRAG EN DISSIPLINÊRE STELSEL
1. KATEGORIË VAN WANGEDRAG
Vir die toepassing van hierdie gedragskode word wangedrag in 3 (drie) kategorieë ingedeel, naamlik kategorië A, B, C wangedrag. Dit stem ooreen met die verskillende strafmaatreëls wat toegepas kan word soos uiteengesit in skedule C hiervan en die verskillende prosedures wat gevolg mag word in die hantering van wangedrag soos uiteengesit in skedule D.
2. DISSIPLINÊRE STELSEL
2.1 Die SDK het ‘n lys van die kategorie A, B en C wangedrag tesame met die toepaslike negatiewe puntestelsel opgestel, welke lys aan elke leerder oorhandig word by aanvang van die akademiese jaar. Sodanige lys moet beskou word as aanvullend tot hierdie Gedragskode.
2.2 Die dissiplinêre puntestelsel is gekoppel aan die strafmaatreëls soos uitgesit in skedule C hiervan.
DEEL II
SKEDULE C
STRAFMAATREËLS
1. STRAF VIR DIE ONDERSKEIE KATEGORIEË VAN WANGEDRAG
Die volgende strafmaatreëls sal geld en toegepas word wanneer ‘n leerder hom/haar skuldig maak aan oortredings en negatiewe punte (debiete) ontvang het:
|
Aantal Debiete (Netto) |
50 en meer |
100 en meer |
150 en meer |
200 en meer |
250 en meer |
|
Kategorie A Wangedrag |
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
|
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
|
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
2. Leerder verskyn voor Dissiplinêre-hoof
|
|
3. Verbeuring van voorregte
|
|
Aantal Debiete (Netto) |
50 en meer |
100 en meer |
150 en meer |
200 en meer |
250 en meer |
|
Kategorie B Wangedrag |
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
2. Verskyn voor Dissiplinêre Hoof van betrokke fase
|
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
2. Leerder verskyn voor Dissiplinêre-hoof en Graadhoof
|
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
2. Leerder verskyn voor Dissiplinêre-hoof asook Graadhoof
3. Gesprek met ouers
|
1. Detensie – brief per hand en sms aan ouer
|
2. Verwys na SDK en skoolhoof vir gesprek met ouers
3. Verbeuring van voorregte
|
|
Aantal Debiete (Netto) |
150 en meer |
|
|
|
|
|
Kategorie C Wangedrag
|
|
|
|
|
|
|
Aantal Debiete (Netto) |
300 en meer |
350 en meer |
400 en meer |
|
Kategorie A Wangedrag |
|
|
|
|
Aantal Debiete (Netto) |
300 en meer |
|
|
|
Kategorie B Wangedrag |
|
|
|
|
Aantal Debiete (Netto) |
|
|
|
|
Kategorie C Wangedrag
|
|
|
|
2. Hierdie strafmaatreëls sal in alle gevalle in die uitsluitlike diskressie van die SDK toegepas word.
3. Enige krediet punte wat ‘n leerder mag ontvang sal nie vorige veroordelings uitkanselleer nie.
DEEL II
SKEDULE D
DISSIPLINÊRE PROSEDURES VAN TOEPASSING BY DIE ONDERSOEK
EN VERHOOR VAN DIE VERSKILLENDE KATEGORIEË WANGEDRAG
1. AANMELDING EN HANTERING VAN KATEGORIE A WANGEDRAG
1.1 Indien leerders hulle aan kategorie A wangedrag skuldig maak, moet dit aan die registervoog of die studenteraadvoog gerapporteer word, wie verder met die saak moet handel, tensy dié wangedrag in die teenwoordigheid van ‘n opvoeder gepleeg of deur laasgenoemde ontdek word, in welke geval sodanige opvoeder die saak verder moet hanteer. Tensy die leerder ‘n redelike verduideliking vir sy/haar optrede of versuim kan gee wat die effek het dat hy/sy nie vir die oortreding blameer kan word nie, in welke geval verdere stappe nie nodig geag word nie, moet ‘n debietpunt toegeken en op die voorgeskrewe vorm aangetoon word. Vermelde vorm moet ook deur die leerder onderteken word. Indien die leerder weier om die vorm te onderteken en ook nie aantoon dat hy/sy vertoë wil rig nie, moet die studenteraadvoog, registervoog of betrokke opvoeder, na gelang van die geval, slegs ‘n aantekening op die vorm tot dien effekte maak en die vorm op die gebruiklike wyse vir verdere handeling aan die dissiplinêre kantoor besorg.
1.2 Daarna moet daar met die aangeleentheid, wat betref korrektiewe optrede, met inagneming van die totale aantal debietpunte wat in daardie stadium aan die betrokke leerder toegeken is, gehandel word soos uiteengesit in skedule C.
1.3 Alle debietpunte wat ‘n leerder behaal, mondelingse asook skriftelike waarskuwings, en die uitslag van ‘n dissiplinêre verhoor waar relevant, moet onverwyld aan die dissiplinêre kantoor gerapporteer word, sodat dit op ‘n leerder se gedragstaat aangeteken kan word.
2. AANMELDING EN ONDERSOEK VAN KATEGORIE B WANGEDRAG
2.1 Indien ‘n leerder hom/haar aan ‘n kategorie B wangedrag skuldig maak, moet dit onmiddellik aan die dissiplinêre hoof van die betrokke graad aangemeld word.
2.2 Die betrokke dissiplinêre hoof moet verder met die saak handel. Tensy die leerder ‘n redelike verduideliking vir sy/haar optrede of versuim kan gee wat die effek het dat hy/sy nie vir die oortreding blameer kan word nie, moet ‘n debietpunt toegeken word en die toepaslike dissiplinêre optredes gevolg word. Die debietpunte moet op die voorgeskrewe vorm aangetoon word en die vorm moet deur die leerder onderteken word.
2.3 Alle debietpunte wat ‘n leerder behaal en die uitslag van die dissiplinêre optrede moet onverwyld op die leerder se gedragstaat aangeteken word.
3. AANMELDING EN ONDERSOEK VAN KATEGORIE C WANGEDRAG
3.1 Indien daar beweer word dat ‘n leerder hom of haar aan kategorie C wangedrag skuldig gemaak het of indien daar op redelike gronde vermoed word dat ‘n leerder sodanige wangedrag gepleeg het, moet die aangeleentheid sonder versuim aan die adjunk-hoof dissipline rapporteer word. Die adjunk-hoof moet onverwyld die bewerings of vermoede van sodanige wangedrag ondersoek, of laat ondersoek deur ‘n bevoegde persoon as ondersoek-beampte aan te wys.
3.2 Die adjunk-hoof dissipline of aangewese ondersoekbeampte moet vasstel wanneer, waar en onder watter omstandighede die beweerde wangedrag plaasgevind het. Die adjunk-hoof of aangewese ondersoekbeampte moet die nodige bewyse (wat verklarings van getuies insluit) bekom om vas te stel of daar gronde vir ‘n klag van wangedrag teen die betrokke leerder is.
3.4 Indien die voorlopige ondersoek nie deur die adjunk-hoof dissipline self behartig is nie, moet die aangewese ondersoekbeampte, na afhandeling van die voorlopige ondersoek, die nodige getuienis wat bekom is aan die adjunk-hoof oorhandig. Die adjunk-hoof moet die voorlopige getuienis evalueer en indien die getuienis genoegsame grond bevat met die oog op ‘n klag van ernstige wangedrag, moet die adjunk-hoof die saak verwys na die dissiplinêre komitee van die Beheerraad, vir doeleindes van ‘n dissiplinêre verhoor wat hanteer word