DAGPROSEDURE
OGGEND
6:05 OPSTAANKLOK (3X) Doen die volgende: Staan dadelik op, badkamer, stort, ten volle aantrek, maak drommetjies leeg in groot drom en maak kamer netjies.
6:33 WAARKUWINGSKLOK (2X) Persone op diens vee gange, maak groot dromme leeg EN neem toegeknoopte swartsak na buite by ysterhek. Plaas nuwe swartsakke in dromme(verkrygbaar in kombuis) Kry klaar en sit op bed.
6:35 STILTETYD (1X) Hou godsdiens op jou eie, sit op jou eie bed en jy moet ten volle geklee wees vir skool (skoolbaadjie nie nodig). Persone op diens: vee gange, vervang swartsakke in groot dromme, hys vlae.
6:45 ONTBYT(1x) Tree aan voor eetsaal MET volle skooldrag (skoolbaadjies nie nodig). Staan netjies in rye; absolute stilte. Tafelgebed word gedoen. Stap ordelik in en sonder geraas. Na ontbyt weer na kamers.
VOORDAT JY FINAAL JOU KAMER VERLAAT SORG DAT JOU WAARDEVOLLE ITEMS. IN JOU KLUIS IS EN JOU KAS GESLUIT – BEWAAR JOU SLEUTEL, MAAK VENSTER.
TOE EN SIT LIGTE AF.
7:15 Verlaatkoshuis. Klim in bus, skooltoe.
MIDDAG
14:20 ETENSKLOK (1X) Jy moet ordentlik geklee wees(geen kaalvoet, slaapdrag, ens) Indien jy verkies om skooldrag aan te hê, moet dit ten volle wees en nie net daarvan nie. (bv. Dasse mag nie af wees of plakkies saam met skooldrag nie.) Staan in netjiese rye; absolute stilte Tree aan voor eetsaal. Tafelgebed word gedoen. Stap ordelik in en sonder geraas. Eet, aankondigings word gemaak asook busreëlings vir middagsport (vroeë en laat sport).
14:50 Vroeësport vertrek na ete (luister mooi, toeter word gedruk voor ver
14:55 STILTEKLOK-Stiltetyd/rustyd begin (1X) Almal stil in jou eie kamer!
15:35 Einde van Stiltetyd (1X)
15:40 Laatsport vertrek na skool (luister mooi, toeter word gedruk voor vertrek)
16:30 Bus 1 vertrek VANAF skool
17:30 Bus 2 vertrek VANAF skool GELEENTHEID VIR STORT
17:50 Laat sport vertrek na skool(luister mooi, toeter word gedruk voor vertrek.)(SLEGS TOT
EINDE FEBRUARIE)
19:00 Bus 3 vertrek VANAF skool
(SLEGS TOT EINDE FEBRUARIE)
AAND(SLEGS TOT EINDE FEBRUARIE)
19:00 ETENSKLOK (1X) Jy moet ordentlik geklee wees (geen kaalvoet, slaapdrag, ens) Staan in netjiese rye; absolute stilte. Tree aan voor eetsaal. Tafelgebed word gedoen. Stap ordelik in en sonder geraas. Eet, aankondigings word gemaak. Vlagstryking (voor son sak). Tyd vir stort. Ontspan tot volgende klok lui.
19:55 WAARSKUWINGSKLOK (2X) Beweeg na studiesaal/studieplek.
20:00 STUDIEKLOK (1X)
20:30 Studie-breek(1X)
20:43 WAARSKUWINGSKLOK (2X)
20:45 Studie se laaste sessie begin (1X)
21:15 Einde van studie (1X)
Aandgodsdiens word gesamentlik in eetsaal gehou. Sien rooster op kennisgewingborde!!
AAND – NA STUDIE
21:20 Geleentheidvir stort
21:30 Kamers toe (1X) – kry gereed vir laatstudie, loop jou laaste draaie
21:48 WAARSKUWINGSKLOK (2X)
21:50 STILTETYD (1X)
Sou jy nog op jou eie wil godsdiens hou – welkom. Sit op jou eie bed. Niemand slaap al nie. Geen stiltetyd in groepe nie.
22:00 LIGTE UIT (1X) - SIT LIGTE AF Niemand verder in die gange nie, behalwe as jy dadelik eetsaal toe gaan vir laatstudie.
GEEN geselsery, rondlopery, kuier in kamers en selfoongebruik nie. Laatstudie eindig om 23:00. Beweeg saggies na laatstudie toilet toe (indien nodig). Kamer toe en SLAAP.
AAND(VANAF BEGIN MAART TOT DIE EINDE NOVEMBER)
18:00 ETENSKLOK (1X)
Jy moet ordentlik geklee wees(geen kaalvoet, slaapdrag,ens.) Staan in netjiese rye; absolute stilte
Tree aan voor eetsaal Tafelgebed word gedoen Stap ordelik in en sonder geraas
Eet, aankondigings word gemaak Vlagstryking(voor son sak) Tyd vir stort Ontspan tot volgende klok lui
18:55 WAARSKUWINGSKLOK(2X)
Beweeg na studiesaal/studieplek
19:00 STUDIEKLOK (1X)
19:50 STUDIE-BREEK(1X)
20:08 WAARSKUWINGSKLOK (2X)
20:10 Studie se laaste sessie begin (1X)
21:00 Einde van studie (1X)
Aandgodsdiens word gesamentlik in eetsaal gehou. Sien rooster op kennisgewingsborde!
AAND - NA STUDIE
21:10 Geleentheid vir stort
21:30 Kamers toe (1X) - kry gereed vir laatstudie, loop jou laaste draaie
21:48 WAARSKUWINGSKLOK (2X) Persone op diens: vee gange
21:50 STILTETYD (1X) Sou jy nog op jou eie wil godsdiens hou - welkom. Sit op jou jou eie bed. Niemand slaap al nie. Geen stiltetyd in groepe nie.
22:00 LIGTE UIT (1X) - SIT LIGTE AF
Niemand verder in die gange nie, behalwe as jy dadelik eetsaal toe gaan vir laatstudie.
GEEN geselsery, rondlopery, kuier in kamers en selfoongebruik nie.
Laatstudie eindig om 23:00
Beweeg saggies na laatstudie toilet toe (indien nodig)
Kamer toe en SLAAP