GESKIEDENIS VAN HUIS McFARLANE (HMF)
Huis McFarlane is op 1 Januarie 1972 in gebruik geneem. Die eerste inwoners het in ‘n seremoniële optog vanaf die ou koshuis langs die Toringkerk (die huidige Huis Kalahari Visser) na die nuwe koshuis verhuis. Die koshuis is na ‘n voormalige skoolhoof, dr LS McFarlane vernoem.
Superintendente:
1972 – 1978 1979 – 1981 1982 – 1985 1986 1987 – 1994 1995 – 1997 1998 – 2005 |
Mnr Gideon Joubert Mnr Frikkie van Zyl Mnr Hennie van Tonder Mnr Piet Vosloo Mnr Frikkie van Zyl Mnr Hennie van Tonder Mnr André Oberholzer |
In 2006 het 'n nuwe era aangebreek in die geskiedenis van Paarl Gimnasium Koshuise met die aanstelling van 'n Koshuishoof en 3 Superintendente, nl vir HMF-seuns, HMF-dogters en HKV onderskeidelik. In 2010 is ‘n vierde Superintendent aangestel toe HKV se seuns en dogters onderskeidelik elk ‘n superintendent gekry het.
Koshuishoof:
2006 – tans Mnr André Oberholzer
Seunssuperintendente: 2006 – 2008 2008 – 2010 2011 – 2015 2016 – tans |
Mnr Louis Blom Mnr Francois Veldsman Mnr Deon Gerber Mnr Schalk de Wet |
Dogterssuperintendente: 2006 – 2008 2008 – 2015 2016 – tans |
Mev Gretha Vorster Mev Vida Craül Mev Carina Momsen |
Huis McFarlane se dertigste verjaardag is in 2002 luisterryk met ‘n dinee vir alle koshuisleerders en koshuispersoneel gevier. Die eregaste by hierdie geleentheid was mnr Rust de Jongh en mev Mintie Kroukamp – Huis McFarlane se eerste hoofseun en -dogter.
Huis McFarlane se gebruike en tradisies steun swaar op die skool se geskiedenis. Die koshuiswapen en hoofseun en -dogter se lapelwapen is dan ook die familiewapen van die McFarlane-klan. Huis McFarlane het sy eie vlag – ontwerp en gemaak deur Lucia Cabbalero.
GESKIEDENIS VAN HUIS KALAHARI VISSER (HKV)
Die hoofgebou van Huis Kalahari Visser (op daardie stadium bekend as Gimnasium Koshuis) se bouwerk het in 1933 begin. In sy jaarverslag skryf mnr J.F.M. Kriel (Skoolhoof), soos dit verskyn in die Jaarblad van 1933, die volgende : “Dis vir my baie aangenaam te mag rapporteer dat alles nou in die haak is om ‘n aanvang te maak met die aanbou van ‘n koshuis wat sestig seuns sal huisves en allesins tot ‘n sieraad vir ons skool en stad sal strek”.
In die 1934-jaarblad skryf mnr Kriel: “Die jaar 1934 sal altyd in die geskiedenis van ons skool bekend staan as van buitengewone betekenis. In Julie van hierdie jaar kan ons namelik intrek neem in die nuwe koshuis, sierlik en smaakvol voltooi en doeltreffend gemeubileer”. Die boukoste van die koshuis was sewe duisend Pond (R14 000.00). Die legendariese mnr J.G.L. (“Pappa”) Slabbert en sy gade was die eerste Huisouers.
In 1938 is die Anneks aangebou. Aan die einde van 1971 is die koshuis, waar talle seuns baie lief en leed ervaar het, ontruim en is Huis McFarlane se deure in 1972 geopen.
Vanaf 1972 tot 2004 was die koshuis onder beheer van Hoërskool Laborie en het bekend gestaan as Huis Robert Möhr. Met die aanbou van Laborie se nuwe koshuise het Huis Robert Möhr in onbruik geraak. Mnr André Oberholzer, destyds Superintendent van Huis McFarlane, het hierdie geleentheid raakgesien en na ‘n jaar se onderhandelinge met die W.K.O.D., is die gebou weer in 2004 toegestaan aan Hoërskool Paarl Gimnasium.
Daar is dadelik ingespring met herstelwerk en verbouings aan die binnekant, sodat beide meisies en seuns hul intrek in die “nuwe” koshuis kon neem. Sedert die amptelike heringebruikneming as Gimnasium se graad 8-koshuis in 2006, staan die koshuis nou bekend as Huis Kalahari Visser – vernoem na mnr Johan Visser, ‘n oudstudent en weldoener van Gimnasium. Die koshuis huisves tans 41 graad 8-dogters in die Anneks en 48 graad 8-seuns in die Hoofgebou.
Superintendente:
1934 – 1952 1953 – 1957 1958 – 1961 1962 1963 1964 – 1965 1966 – 1969 1970 – 1971 2005 2006 – 2008 2009 |
Mnr Pappa Slabbert Mnr J. Hougaard Mnr C.H. Engelbrecht Mnr G.J. Mostert Mnr Van Wyk Mnr H.J. Hugo Mnr Bokkie Blaauw Mnr Johan Botha Mnr Kosie Slabber Mnr Basjan Reinhardt Mnr Paul Eksteen |
Seunssuperintendente:
2010 – tans |
Mnr Paul Eksteen |
Dogterssuperintendente:
2010 – 2016 2017 – tans |
Mev Ina van Wyk Mev Sonja Myburgh |