IMG_7788.JPG
IMG_7432r1.jpg
IMG_6505.jpg
IMG_6501.jpg
previous arrow
next arrow

7’s : 16-18 Sept 2022
Vier van ons 7's-rugbyspanne het aan die Marius Schoeman 7's-fees deelgeneem en ons is baie trots om te sê dat die seuns se dissipline op en af van die veld ware gim-waardes en gimmieguts uitgebeeld het. Ons o. 17-span wen die Marius Schoeman 7's-fees na hulle in die finaal teen Boland Landbou gespeel het en hulle 22-0 geklop het. Enzo Labuschagne word ook as speler van die fees aangewys. Ons o. 15A-span eindig 3de in die Cup-afdeling. Baie geluk!

Nasionale MathArt- kompetisie 2022
Twee Gimmies wat verbeeldingryk, ekspressief en innoverend dink, het Gimnasium se naam tydens die Wes-Kaap Kunstefees se gala-aand hoog gehou. By hierdie geleentheid is die silwer- en goudtoekennings vir die Nasionale MathArt-kompetisie aan presteerders uit die Wes-Kaap oorhandig.
Lené Janse van Rensburg het GOUD ontvang vir haar kunswerk getiteld, “The difference in perspective”.
Amoré Snyman, die nasionale wenner van die gr. 9-kategorie in 2021, het weer GOUD ontvang vir haar kunswerk getiteld, “Enigmatic”.
Die nasionale MathArt-kompetisie, aangebied deur Nelson Mandela Universiteit, het betrekking op die internasionale tendens om kuns by STEAM (Science, Technology, Engineering, Art and Mathematics) te inkorporeer. Die tema vir die 2022-kompetisie was Mathematics, the language of the Sciences. Geen wenners is hierdie jaar aangewys nie, om sodoende meer as een deelnemer die geleentheid te gee (indien hulle werk aan die kriteria voldoen) om GOUD te verower. Die beoordelaars het uit ‘n paneel van spesialiste bestaan, onder andere ingenieurs, wiskundiges, argitekte, taalkundiges en kunskenners.
Baie geluk, Amoré en Lené! Gim is trots op julle.

SR KAMP: 9-11 Sept 2022
Die 2023 Studenteraad van Paarl Gimnasium het die naweek hulle jaarlikse kamp by Back 2 Basics te Grabouw gehad. Tydens die kamp het hulle verskeie fisiese- en verstandelike uitdagings gehad. Die leerders het mekaar se leierskapsvaardighede uitgedaag en hegte vriendskapsbande gesmee. Hulle voogde me Sarah van der Merwe, Alida Terblanche en mnr Paul Eksteen het die suksesvolle kamp meegemaak.

 

 

Go to top